SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID
Sedert LDP sy deure in 1992 oopgemaak het, is ons ‘n integrale deel van die Stellenbosch-gemeenskap. Gegewe die ondersteuning wat ons as praktyk die afgelope 21 jaar ervaar het, en die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, is ons oortuig van die belangrikheid om Ďn aktiewe bydrae in ons gemeenskap te lewer.

LDP is daarom betrokke by verskeie aksies met die doel om ‘n verskil in mense se lewens te maak:
  • borgskappe van skole (spesiale dae en pryse)
  • pro bono oudits van skole, liefdadigheids- en ander verdienstelike organisasies
  • bestuurs-, konsultasie- en rekeningkundige dienste aan liefdadigheids- en gemeenskaporganisasies.
"LDP Gee Om" is ‘n personeelgedrewe projek wat gereelde bydraes tot bepaalde liefdadigheidsorganisasies in die omgewing maak. Bykans R5 000 per maand word tans geskenk aan die Flom Gemeenskapsentrum by die Lynedoch Primêre Skool vir hul Geletterdheidsprogram.

Die firma is ook betrokke by die program “Vriende van Stellenzicht” wat ten doel het om die kwaliteit van opvoeding van hierdie hoërskool in Jamestown, ‘n woonbuurt van Stellenbosch, te verbeter. Ons projek het ten doel om stapsgewys elke klaskamer toe te rus met die beste moontlike inligtings en kommunikatiewe onderrighulpmiddels.

-